Update
DYSSELSDORP NUUS - 'n Aansoek van 'n pastoor van Dysselsdorp, wat teregstaan op drie aanklagte van verkragting, om drie getuies terug te roep na die getuiebank nadat hy van regsverteenwoordiger verander het, is Maandag in die streekhof van die hand gewys.
Freddy Jaftha (48) word daarvan aangekla dat hy by drie geleenthede in 2017 en 2018 seksuele dade met 'n 18-jarige tweeling gepleeg het. Sy nuwe regsverteenwoordiger, adv. Stephen Lourens, het die hof Maandag versoek om die twee klaers en hul moeder terug te roep, nadat hy na die bande van die verhoor tot dusver geluister het.
Volgens Lourens is dit in belang van geregtigheid omdat die beskuldigde geregtig is op 'n regverdige verhoor. Sy vorige regsverteenwoordiger het glo nagelaat om sekere aspekte in sy kruisondervraging aan te haal.
Die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, het die aansoek teengestaan. Volgens haar kry een van die klaers steeds aanvalle en het die ander al aan selfmoord gedink.
Streeklanddros Daniël Boks het die versoek geweier, omdat hy van mening is dat dit onregverdig teenoor die klaers sal wees om weer deur dieselfde trauma in die hof te gaan.
"Die beskuldigde het sy swygreg uitgeoefen en die saak is al verskeie kere uitgestel," het die landdros gesê.
Dit was tydens die getuienis van die klaers duidelik dat hulle baie getraumatiseerd en emosioneel voorgekom het. Die beskuldigde weet ook van meet af dat hy geregtig is op 'n spoedige afhandeling van die saak.
Jaftha se borgtog is verleng en die saak is vir voortsetting tot 27 November uitgestel.
Lees meer hieronder:
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'