OUDTSHOORN NUUSFLITS - Bykans 30 jaar na Micheal Lucas, 'n boorling van Oudtshoorn, die doodstraf in die Pretoria Sentraal Gevangenis opgelê en gehang is, is sy oorskot aan sy familie oorhandig.
Lucas se moeder, Makhata Ncwango, sy twee susters, Wendy Ncwango en Bulelwa Ncwango, asook sy dogter, Pamela Tu, het die kis met sy oorskot Dinsdag ontvang.
Die spesiale oorhandigingseremonie het in die banketsaal van adv. Michael Masutha, nasionale minister van justisie en korrektiewe dienste, plaasgevind.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'