Update
OUDTSHOORN NUUS EN KLANKGREEP - Die hoof van kommunikasie vir provinsiale hospitale binne die Eden- en Karoostreek, Nadia Ferreira, het vanoggend bevestig dat daar “’n defnitiewe toename in pasiënte is met maagdiaree en braking".
Dit volg na die Oudtshoorn-munisipaliteit gister (Maandag 12 Februarie) gewaarsku het dat die E.coli-waterlesing baie hoog is en die drinkwater nie geskik is vir menslike gebruik nie.
Johan Uys, ‘n bestuurder by die munisipale waterwerke, het gistermiddag op EDENfm gesê daar kon moontlik ‘n muis of ‘n duif in die suiweringswerke beland het.
EDENfm het die klankgreep van die radiopraatjie aan die Oudtshoorn Courant beskikbaar gestel.
Luister na die klankgreep hieronder.
Lees vorige artikels:
• Chlorine dose at maximum
• Muis of duif dalk in stelsel
• Drinkwater: Hoë bakterieë lesing
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'