Update
OUDTSHOORN NUUS - Vriende en familie van Marilize Nortier, wat in 2019 oorlede is, gaan more, saam met Leon Campher van Community Against Crime, ‘n optog voor die hof hou weens hul ongelukkigheid oor die "ligte vonnis" van Sydney Berry.
Berry was die bestuurder van die BMW waarin Nortier dood gevind is na 'n ongeluk op die grottepad.
Volgens Campher beplan hulle ‘n vreedsame plakkaatbetoging wat om 10:00 sal begin.
“Ons gaan ‘n petisie vir die hooflanddros oorhandig wat reeds deur ‘n hele paar mense geteken is. Die gemeenskap is regtig nie met sy vonnis tevrede nie. Daar is baie dinge rondom die vonnis wat glad nie sin maak nie. Ons nooi mense uit om by ons aan te sluit indien hulle ook voel dat die vonnis te lig is.”
Berry is tot korrektiewe toesig van drie jaar gevonnis, asook twee jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.
Die korrektiewe toesig behels 24 uur per dag in huisarres behalwe vir werk- en kerkdoeleindes, gemeenskapswerk van 18 uur per maand vir die volle drie jaar en die bywoning van programme wat die departement korrektiewe dienste aanbied.
Vorige artikels:
- Groot ontevredenheid oor vonnis
- Optog beplan na ligte vonnis
- Skuldig aan strafbare manslag
- Saak teen Sydney Berry vir uitspraak uitgestel
- Berry-verhoor word weereens uitgestel
- Verhoor van Berry weer uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’