Video
OUDTSHOORN NUUS - 'n Baksteengebou en 'n groot sinkstruktuur sowel as 'n gedeelte van 'n huis is vanoggend omstreeks 10:30 deur n brand in puin gelê.
Volgens Damon Serfontein, die eienaar van die huis op die hoek van Weyerslaan en Bobby le Rouxstraat, het hy geslaap toe sy kleinseun hom roep en sê daar is n brand in die erf.
Alhoewel die brandweer vinnig op die toneel was het die brand binne minute die strukture verwoes.
'n Klomp meubels wat vanoggend deur Serfontein se dogter afgelaai is en in die erf gestaan het, is ook uitgebrand. Sy en haar kinders sou vandag by Serfontein ingetrek het. Niemand is in die brand beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die verwoesting wat die brand gesaai het:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'