OUDTSHOORN NUUS - Lede van die landelike blitspatrollie het gister 'n man wat na bewering in besit van 'n onwettige vuurwapen was, in hegtenis geneem.
Volgens sersant Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede die man in 'n Volkwagen Caddy op die N12 naby Oudtshoorn afgetrek.
"Die lede het die voertuig deursoek en 'n Star-pistool met 10 rondes ammunisie in die voertuig gevind. Die 22-jarige man kon nie 'n lisensie vir die pistool toon nie en is vir die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem."
Volgens Spies sal die verdagte in polisie-aanhouding bly tot hy in die hof verskyn.
Lt. genl. Thembisile Patekile, Wes-Kaapse kommisaris het die lede vir hul toewyding bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'