KLEIN KAROO NUUS - Oudtshoorn Munisipaliteit het 'n kennisgewing uitgereik rakende wateronderbrekings by Middelplaas en Vlakteplaas.
"Op die Klein Karoo Landelike Watervoorsiening Skema is daar ‘n groot verlies aan water gewees en na ‘n redelike soektog is daar ‘n pypbreek in die Olifantsrivier by Middelplaas gevind.
"Dit het veroorsaak dat takreservoir nr. 1, wat vir Middelplaas en Vlakteplaas van water voorsien, leeggeloop het.
"‘n Uitgraafmasjien kom vanmiddag op terrein aan en as alles goed gaan sal die pyp voor donker vanaand herstel wees. Die pomp sal dan aangeskakel word en Middelplaas behoort laatnag water te kry en Vlakteplaas môre oggend vroeg. Ons vra om verskoning vir hierdie ongerief."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'