KAROO NUUS - Vullisverwydering en reinigingsdienste op De Rust en Dysselsdorp sal voortaan gladder verloop. Dit volg na die aankoop van twee vragmotors deur die Oudtshoorn-munisipaliteit.
Volgens Aurelia Oliphant, munisipale woordvoerder, is 'n nuwe wipbakvragmotor (tipper) en 'n vullisverwyderingsvragmotor in Julie aangekoop.
Terwyl die vullisverwyderingstrok vir die verwydering van huishoudelike afval ingespan sal word, word die ander vragmotor gebruik om rommel op oop ruimtes te verwyder.
"Die nuwe vragmotors stel die munisipaliteit in staat om De Rust en Dysselsdorp onafhanklik te diens. Sodoende word die doeltreffendheid van ons vullisverwyderingsdienste vir die gemeenskap verbeter," het Colan Sylvester, uitvoerende burgemeester, gesê met die ontvangs van die twee voertuie.
Tydens die oorhandiging van twee nuwe vragmotors is, van links: Thomas Matthee (direkteur gemeenskapsdienste), Jacobus Blaauw (toesighouer), raadslid Hendrik Luiters (voorsitter gemeenskapsdienste), Herold le Kay (bestuurder-reinigingsdienste) en Colan Sylvester: (uitvoerende burgemeester). Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'