Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n pa en seun van Bridgton, Oudtshoorn, wat van moord aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot 19 April 2024 uitgestel.
Koos Stuurman (64), wat 28 vorige veroordelings op sy rekord het, staan saam met sy seun, Stilero Roman (20), tereg op aanklag van moord op die 23-jarige John-Lee Johnson.
Johnson is glo op 30 Oktober 2021 in 'n winkel in Dassieweg, Bridgton, deur Roman met 'n mes in die nek gesteek nadat sy pa na bewering vir hom 'n mes gegee en gesê het om Johnson te gaan doodsteek.
Lees meer in vandeesweek se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’