Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n pa en sy seun van Bridgton wat van moord aangekla word, is in die streekhof vir ‘n moontlike pleitooreenkoms tussen die staat en die pa voorlopig tot 31 Oktober uitgestel.
Koos Stuurman (64), wat 28 vorige veroordelings op sy misdaadrekord het, staan saam met sy seun, Stilero Roman (20), tereg op aanklag van moord op John-Lee Johnson (23).
Johnson is op 30 Oktober 2021 in ‘n winkel in Dassieweg, Bridgton, deur Roman met ‘n mes in die nek gesteek nadat sy pa na bewering die wapen gegee en hom aangesê het om die oorledene te gaan doodmaak.
Met sy seun se terugkeer het Stuurman glo hande geklap.
Volgens die staatsaanklaer, Anzelle Laubscher, bestaan die moontlikheid dat die twee beskuldigdes apart verhoor sal word. Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.
Stuurman bly in aanhouding, terwyl sy seun se borgtog tot 31 Oktober verleng is.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’