Organiseerders asook plaaslike munisipale owerhede kon hierdie week breëbors loop na al die pluimpies van besoekers en deelnemers.
Ook op die baan was die byeenkoms `n groot sukses met verskeie atlete wat wêreldklas prestasies behaal het. Verskeie rekords het ook in die slag gebly. Heleen Knobel en Toy Ungerer van die SWD kan ook na dese nuwe rekords agter hul name skryf.
Ungerer het tydens die byeenkoms haar status as een van die wêreld se voorste meestersatlete gestand gedoen met `n nuwe rekord in die verspring, ouderdomskategorie 65 jaar. Ungerer spog ook met `n goue medalje in die 400 m, 200 m en 100 m. Knobel het goue medaljes behaal in die diskus, hamergooi, spiesgooi en gewigstoot-items onder vroue 45 jaar. Doep du Plessis het `n 4de plek in 5 000 m stap, mans 60 jaar en `n 3de plek in die hamergooi.
Jolette van den Bergh spog met `n derde plek in die verspring, vroue 40 jaar. Johan Windt spog met silwer in die mans 60 jaar 400 m en 800 m.
Derick Lategan het `n vierde plek en Lampies Lamprecht `n vyfde plek in die 800 m. Frans Kalp spog ook met silwer in die 400 m, mans 50 jaar.
Foto's: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'