Dit blyk dat die sowat 30 mans gehoop het op 'n geleentheid om deur die betrokke kontrakteur in diens geneem te word.
Volgens die groep se woordvoerder, Piet Pietersen, word kontrakteurs verplig om plaaslike werkers in diens te neem.
Pietersen het vanoggend `n lys saamgestel van die mans se name en ID-nommers om seker te maak dat die kontrakteur van hul teenwoordigheid kennis neem.
Die hoof van Aurial Kollege, Philip Stalmeester, het die groep vanoggend meegedeel dat `n vergadering vir môreoggend met die kontrakteur asook amptenare van die onderwysdepartement belê is.
Die mans het by Aurial Kollege bymekaargekom.
ARTIKEL EN FOTO: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'