OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Toekomsrus, wat sy werk as soldaat verloor het nadat hy van verkragting aangekla is, is in die Oudtshoorn-streekhof vrygespreek.
Ricardo Swartbooi (35) is daarvan aangekla dat hy tussen 8 en 9 Februarie 2020 ‘n 38-jarige loseerder van sy ma verkrag het.
Swartbooi het erken dat hy met die vrou geslagsgemeenskap gehad het, maar dat sy toestemming gegee het.
Cindy Murray-Smith, van die Regshulpraad, het die hof vir sy vryspraak gevra omdat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie.
Streeklanddros Daniel Boks het die getuienis voor die hof onwaarskynlik bevind en Swartbooi vrygespreek.
Hy het na die hof se uitspraak gesê dat hy geweldige finansiële verlies gely het, maar dankbaar is dat geregtigheid uiteindelik geseëvier het en sy naam nou “skoon” is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'