OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n man van Oudtshoorn wat teregstaan op die onwettige besit van twee vuurwapens en ammunisie is vir uitspraak in die Oudtshoorn-streekhof tot later die maand uitgestel.
Petrus Stuurman erken dat hy in besit was van twee vuurwapens, ’n .38 Special en ‘n .22-pistool, sowel as vyf rondtes ammunisie waarvoor hy nie die nodige lisensies gehad het nie.
Volgens hom het ‘n familielid, Marshall Stuurman, hom gevra om dit vir hom te hou.
‘n Polisiebeampte het getuig dat hy inligting opgevolg het en ‘n sak met die vuurwapens en ammunisie in Petrus se slaapkamer gevind het.
Stuurman se regshulpprokureur, Wenzel Botha, vra die hof om in ag te neem dat hy skuldig gepleit het.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en is vir uitspraak uitgestel tot 27 Junie. Hyron Goulding is die aanklaer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’