OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van die Oos-Kaap is kort na 12:00 vanmiddag ernstig beseer na hy in 'n ongeluk buite Calitzdorp betrokke was.
Volgens kaptein Ian Meyer, bevelvoerder van die Calitzdorp-polisiestasie was die man vanuit Calitzdorp se rigting onderweg.
"Hy het vermoedelik agter die stuurwiel aan die slaap geraak waarna hy sy beheer oor die bakkie verloor het en teen die veiligheidsreëling langs die pad gebots het."
Volgens Meyer kon die man praat met hulle op die toneel, maar is hy per helikopter na 'n hospitaal geneem.
Volgens kaptein Ian Meyer, bevelvoerder van die Calitzdorp-polisiestasie was die man vanuit Calitzdorp se rigting onderweg.
Die man is per helikopter na 'n hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'