DE RUST NUUS - 'n Jong boer van die De Rust-omgewing was op 8 November deel van 'n vervaardigingspan om 'n advertensie vir Epol te skiet.
JC du Preez (32) van die plaas Spitskop vertel dat hulle een van Epol se grootste kliënte in die Klein- en Groot-Karoo is.
"Ons het al baie proewe op hulle pille gedoen in vergelyking met ander voer en daarom het hulle ons genader om die bemarkingsvideo saam met die tegniese adviseur, Konrad Olivier van Epol, te skiet."
Die advertensie behoort seker teen begin Desember op televisie te verskyn.
JC du Preez van die plaas Spitskop in die De Rust-omgewing voor die kameras.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'