OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Groot Voël Rally het verlede week Route 62 verken en ook deur die Swartbergpas gery om finansiële bydraes aan 'n paar plaaslike instansies te maak.
Hierdie instansies het Swaeljieland kleuterskool op De Hoek, Lategangsvlei Primêr, Die Vaardigheidskool, Die Lighuisprojek in Bridgton, APD-Oudtshoorn en Eljada Kairos skool ingesluit.
Die Groot Voël Rally het al sy borge bedank wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het.
Lede van die Grootvoël Rally by leerders van Swaeltjieland kleuterskool.Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'