OUDTSHOORN NUUS - Lede verbonde aan die Oudtshoorn-polisie het Saterdagaand op ‘n vuurwapen, wat in 2013 gesteel is, beslag gelê.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die polisie Saterdagaand omstreeks 19:35 na ‘n woning in Oppermanstraat ontbied waar hulle ‘n 38-jarige man gearresteer het vir aanranding.
"Daar is ook ‘n vuurwapen aan die polisie oorhandig wat na bewering gebruik is om dreigemente mee te maak. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die vuurwapen in 2013 tydens ‘n inbraak in Oudtshoorn gesteel is. Daar is op ‘n 7.65 mm-pistool met ses rondtes beslag gelê."
Volgens Visser moet die man die week in Oudtshoorn-landdroshof op aanklag van aanranding en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'