OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n egpaar van George, wat in die Oudtshoorn-streekhof teregstaan op aanklag van diefstal, onwettige besit van 'n vuurwapen en bedrog is na die slotargumente van die staat en die verdediging vir uitspraak tot 18 Januarie 2023 uitgestel.
Petrus van der Westhuizen (28) en Frederick van der Westhuizen (33) word daarvan aangekla dat hulle op 31 Oktober 2021 ‘n kluis met 'n .22 geweer en 'n Baraca-pistool van Martha van der Westhuizen, Petrus se ma, gesteel het.
Petrus word ook daarvan aangekla dat hy in Februarie 2021 bedrog gepleeg het deur R80 000 van sy ma na sy bankrekening oorgeplaas het.
Die beskuldigdes pleit onskuldig op al die aanklagte.
Die twee se regshulpprokureur, Cindy Murray-Smith, is van mening dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie en hulle op vryspraak geregtig is.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'