OUDTSHOORN NUUS - Die gewone raadsvergadering van die Oudtshoorn stadsraad is steeds aan die gang.
‘n Lywige agende van bykans 550 bladsye word deurgewerk.
Terwyl sommige agendapunte heftige woordewisseling ontlok het, blyk dit dat mosies van wantroue wat openbare belangstelling sou geniet, nie gaan dien nie.
Tydens ‘n kort pouse omstreeks 12:00 het die Oudtshoorn Courant verneem dat ‘n mosie van wantroue wat tydens ‘n vorige spesiale raadsvergadering genoem is en vandag sou dien, teruggetrek is.
Volgens een van die opposisieraadslede is daar vanoggend besluit om die mosie wat glo teen die speaker ingedien sou word, te onttrek.
Twee ander kwessies waarna ook tydens vorige spesiale raadsvergaderings verwys was en wat glo te doen het met mosies teen ‘n amptenaar sowel as die aard en omvang van kriminele klagtes wat gelê is, sal in komitee bespreek word waar die media en lede van die publiek nie teenwoordig mag wees nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'