OUDTSHOORN NUUS - Lede van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) en 'n wetstoepasser het 'n jong veghondjie skut toe geneem nadat dit in 'n bakkie gevind is waar dit met 'n tou vasgebind is.
'n Verbyganger en haar seun het agtergekom dat die hondjie langer as 'n uur in die bakkie wat in die son geparkeer was, vasgemaak is.
Hulle het dit by die owerhede aangemeld en die hondjie uitgehaal.
Die eienaar van die hondjie het by die toneel opgedaag en hy is in kennis gestel dat die hondjie uit sy sorg verwyder word.
Die eienaar van die hondjie ontvang 'n waarskuwing en teken sy hond oor in die sorg van die skut.
Die hondjie was aan die stuurwiel vasgebind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'