Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n man van Oudtshoorn wat daarvan aangekla word dat hy sy saamleefmaat, vir drie dae aangehou, gemartel en so ernstig aangerand het dat sy vandag met ‘n rolstoel oor die weg moet kom, is Dinsdag na sy getuienis vir verdere verhoor in Desember uitgestel.
Enver Campher, staan tereg op klagtes van menseroof en poging tot moord maar pleit onskuldig.
Hy het Dinsdag getuig dat hy en die klaer, Natasha Mei (31), die naweek van 24 tot 29 Augustus 2017 by sy suster, Ashley Campher, oorgebly het. Volgens hom is dit nie so dat sy hulle nie daar wou hê nie.
Hulle het die Maandagaand saam gedrink en het later begin baklei nadat Mei nie kon sê waar die geld is wat hy haar gegee het vir die vrou wat na sy ander kinders omsien nie.
Volgens hom was dit nie die eerste keer nie en dat dit hom baie kwaad gemaak het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Aanrandingsverhoor begin
- Vermeende vroueslaner se suster en kêrel in spervuur
- Campher se verhoor in Mei voortgesit
- Campher se verhoor in Mei voortgesit
- Saak teen Enver Campher na streekhof
- Suster van Enver Campher praat uit
- Opvolg: vrou gemartel en aangerand
- Opvolg: vrou aangerand en gemartel
- Poging tot moord-klag uitgestel
- Vrou vir dae gemartel en aangerand
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'