OUDTSHOORN NUUSFLITS - "Ons is ook in die huis gyselaar gehou en Enver het my ook probeer aanrand."
So vertel Ashley Campher, die suster van Enver Campher wat van poging tot moord op Natasha Mei aangekla word.
Enver het Mei einde Augustus vir dae in sy suster se huis in Bongolethu gyselaar gehou.
Hy het haar gemartel en aangerand tot inwoners van Bongolethu uiteindelik drie dae later die deur oopgetrap het om Mei te bevry.
Ashley Campher en Hermanus Jullies
Campher sê sy en haar seun, wat gestremd is, sowel as haar vriend, Hermanus Jullies, het in Bongolethu gewoon tot die voorval plaasgevind het.
"Die Vrydagaand voor die voorval wou Natasha en Enver al na my toe kom. Ek het 'n draai gaan stap tot ek gedink het hulle is weg, maar toe ek in die pad opkom het hulle nog steeds by my voordeur gesit.
Ek het omgedraai en my neef gaan haal om hulle te verwyder.
Saterdag het Enver eenvoudig net by my voordeur ingestap en, soos gewoonlik, kom maak of die plek aan hom behoort."
Lees vorige artikels:
• Opvolg: vrou gemartel en aangerand
• Opvolg: vrou aangerand en gemartel
• Poging tot moord-klag uitgestel
• Vrou vir dae gemartel en aangerand
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'