OUDTSHOORN NUUS - Die Celestial Outreach Foundation het vir Vrouedag 'n middagete by die Volksentrum in Bridgton vir dames uit verskeie areas gehou en het op die bemagtiging van vroue met beperkte hulpbronne teen geslagsgebaseerde geweld gefokus.
Brig. Sonja Harri, hoof van die Wes-Kaapse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, was die gasspreker en het 'n boodskap van hoop aan die vroue oorgedra.
Haar toespraak het gehandel oor die bevrydingstryd wat vroue in die verlede gevoer het en dat vroue van vandag daardie stryd verder moet neem in alle aspekte van hulle lewens.
Die orkes van die departement van korrek-tiewe dienste het die dames vermaak met musiek terwyl daar heerlik op dié spesiale dag gekuier is.
Ricky Seekoei (direkteur van Celestial Outreach Foundation), vertel dat dié organisasie oor die volgende paar weke nog baie aktiwiteite gaan aanbied waarby oud en jonk betrek gaan word.
Vir meer inligting oor die organisasie kan jy Delmarie Seekoei by 084 549 4998 kontak.
Brig. Sonja Harri het die versierde volstruiseier as geskenk van waardering van Celestial Outreach Foundation ontvang.
Die departement van korrektiewe dienste se orkes saam met die gaste.
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'