Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Herman Redelinghuys (23) en sy twee medebeskuldigdes, wat van moord op sy stiefbroer, Jacques Liebenberg (24), aangekla word, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof tot 14 Junie uitgestel nadat sy regsverteenwoordiger die hof meegedeel het dat hy sielkundige hulp gevra het.
Liebenberg se liggaam is op 12 Januarie vanjaar met veelvuldige steekwonde deur polisiebeamptes van Dysselsdorp langs die Kammanassie-pad gevind waarna die drie verdagtes die volgende dag in hegtenis geneem is.
Redelinghuys het tydens sy borgtogaansoek die hof meegedeel dat hy onskuldig sal pleit terwyl sy twee medebeskuldigdes, Abraham Swartbooi en Adriaan Isaacs, besluit het om nie om borgtog aansoek te doen nie.
Die oorledene is volgens die ondersoekbeampte met 'n hamer geslaan en met 'n mes in die bors en nek gesteek.
Die staat voer verder aan dat dit 'n beplande moord is en Redelinghuys sy twee medebeskuldigdes elk R750 belowe het.
Die saak is deur landdros Stephanie Strydom tot 14 Junie uitgestel.
Vorige artikels:
- Geen borgtog vir vermeende moordenaar
- Kammanassie-moord uitgestel
- Kammanassie-moord: Borgtog laat vaar
- Campher teen borgtog van Redelinghuys
- Kammanassie-pad moord
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’