Update
OUDTSHOORN NUUS - Herman Redelinghuys (24), hoofverdagte in die moordsaak van Jacques Liebenberg (33) het op 2 Maart saam met twee ander verdagtes in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die twee verdagtes wat nou met die saak verbind word, is voorheen in hegtenis geneem, maar is egter voor hulle op 16 Januarie in die hof sou verskyn, vrygelaat weens 'n gebrek aan bewyse.
Liebenberg se liggaam is Donderdag 12 Januarie omstreeks 02:15, langs die Kammanassie-pad in die landelike omgewing van Dysselsdorp deur Dysselsdorp-polisie gevind.
Hy het veelvuldige wonde aan sy gesig en kop gehad en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die saak sal weer op 14 Maart in die hof verskyn vir verdagte twee en drie se borgtogaansoek.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'