OUDTSHOORN NUUS - 'n Jong man van Neppon is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof agt jaar gevangenisstraf opgelê vir verkragting.
Lorenzo Horne (22) het in sy pleitverduideliking erken dat hy 'n 18-jarige vrou die aand van 27 Desember 2020 verkrag het nadat hulle vroeër die aand saam gedrink, en sy later baie dronk was en gaan slaap het.
Hy het erken dat sy nie toestemming gegee het nie en hy gestraf moet word.
Sy regsverteenwoordiger, Cindy Murray-Smith, het die hof vir afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis van 10 jaar gevra omdat hy skuldig gepleit het en nog jonk is.
Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê Horne het inbraak gemaak op die slagoffer se regte en vryheid en moet ‘n vonnis opgelê word wat haar belange beskerm en andere sal afskrik.
Hy het egter oop kaarte met die hof gespeel wat as ‘n teken van berou gesien word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'