OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-polisie vra die hulp van die gemeenskap na twee persone as vermis aangemeld is.
Johnathan Thys (43) het op 26 November vermis geraak.
Die laaste keer toe hy gesien is, het hy ‘n wit golf-hemp, blou Adidas-tekkes, grys broek en ‘n blou pet aangehad.
Enigiemand met inligting kan sersant Pinkie Ntongana by 044 274 4400 of 083 533 4928 skakel.
Lenie Arries (69) het op 1 Desember vermis geraak.
Sy was in ‘n khakie-broek, khaki-langmouhemp en swart tekkies geklee.
Sy was die laaste keer in Afrikanerhof gesien.
Lenie Arrie
Enigiemand wat weet waar Lenie haar bevind kan ao. Karin Meyer by 082 587 9359 of 044 274 4400 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'