OUDTSHOORN NUUS - Die bedrog- en korrupsiesaak teen elf verdagtes waarvan ses verbonde is aan die Oudtshoorn-verkeersdepartement en vyf van twee ryskole is, sloer steeds en is Dinsdag in die streekhof tot 27 Mei uitgestel - hierdie keer vir 'n datum om in die spesiale hof vir georganiseerde misdaad in Bellville aangehoor te word.
Die verdagtes staan tereg op klagtes van bedrog, korrupsie en oortreding van die padverkeerswet.
Adv. Benito Metembo, wat vir vier van die beskuldigdes verskyn, het die hof met die vorige verskyning van die beskuldigdes versoek om die saak voorlopig van die hofrol te verwyder omdat die voortdurende uitstel daarvan groot uitgawes vir die beskuldigdes inhou.
Die versoek is egter deur die staat teengestaan.
Nege van die beskuldigdes is op borg en twee om mediese redes op waarskuwing.
Vorige artikels:
- Verkeerssaak tot Maart uitgestel
- Rybewyssaak uitgestel
- 11 in Bedrogsaak verskyn in hof
- Nege persone vas vir bedrog
- Personeel by verkeersdepartement in hegtenis geneem
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’