Update
OUDTSHOORN NUUS - ‘n Gesamentlike operasie tussen die polisie, die kubermisdaadeenheid, misdaadintellegensie, die Valke en die department van vervoer het gelei tot die arrestasie van nege persone in verband met bedrog.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Operasie Vura reeds in Julie verlede jaar begin.
Van die verdagtes, tussen die ouderdomme van 34 en 61 jaar oud, is werksaam by die munisipale verkeersdepartement. Een van die verdagtes is die eienaar van ‘n plaaslike bestuurskool en van sy werknemers is ook in hegtenis geneem.
Volgens Pojie word daar beweer dat die verdagtes deel vorm van ‘n georganiseerde sindikaat waar leerlinglisensie en rybewyse aan applikante uitgereik is teen vergoeding en deur van die bestuurskool gebruik te maak.
Die ondersoekspan het huise van die verdagtes sowel as die verkeerskantoor deursoek en die verdagtes is in hegtenis geneem. ‘n 14 ton Mercedes vragmotor, ‘n motor, selfone en kontant wat in die beweerde misdryf gebruik is, is gekonfiskeer.
Die Mercedes-vragmotor wat gekonfiskeer is.
Die verdagtes is steeds in aanhouding en sal Maandag in die hof verskyn.
Volgens Pojie sal borgtog defnitief teengestaan word.
LEES MEER: Personeel by verkeersdepartement in hegtenis geneem.
Die klagtes teen die verdagtes is verbreking van die padverkeerswet, bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die verdagtes se name mag nie bekendgemaak word voor hulle nie in die hof verskyn het nie.
Nog 'n beampte wat in hegtenis geneem is kyk hoe 'n beampte na bewyse kyk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'