Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n vrou van Oudtshoorn wat aangekla word van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van alkohol, na ’n motorongeluk op 8 November 2024 op die kruising van Voortrekkerweg en Randstraat, is Maandag 7 April in die distrikshof sonder haar regsverteenwoordiger tot 7 Mei uitgestel.
Die staatsaanklaer, Leandrie Visagie, het die hof net na 11:00 gevra om die saak uit te stel toe die regsverteenwoordiger van die beskuldigde, Bulelani Bans, nog nie vir die saak opgedaag het nie.
Samantha Meyer was die bestuurder van ’n Audi A4 wat die betrokke aand met die Volkswagen Golf van die 24-jarige onderwyser, Peter-John ‘Pokkels’ Sauls, gebots het.
Sauls se motor het uitgebrand nadat hy deur twee verbygangers uit die voertuig gehaal is en is ’n rukkie later op die toneel dood verklaar.
Landdros Zuastrid Deyce het die saak gister finaal vir ’n streekhofbeslissing uitgestel.
Meyer is op waarskuwing vrygelaat.
Vorige artikels:
- Samantha Meyer-saak vir streekhof uitgestel
- Gemeenskap in rou oor geliefde onnie
- Troosdiens vir ongelukslagoffer gehou
- Troosdiens vir PJ Sauls beplan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’