LADISMITH NUUS - Die 28-jarige Samuel Jansen sou Dinsdag 16 September in die Ladismith-landdroshof verskyn op aanklag van moord en brandstigting. Hy is op 9 September in hegtenis geneem ná die dood van twee persone in 'n brand in Bellstraat, Ladismith.
Die saak is egter tot Donderdag 18 September uitgestel nadat die staatsaanklaer kort voor die hofverrigtinge vanaf Oudtshoorn teruggekeer het.
Die slagoffers, Julian van der Ross en sy vriendin, Eleanor Opperman, is in die vroeë oggendure van Sondag 7 September in hul opslaanwoning deur vlamme oorweldig. 'n Hondjie wat saam met hulle gebly het, het ook in die brand omgekom.
Die tragedie het groot skok in die gemeenskap veroorsaak. Eleanor laat twee kinders agter, 'n matriekdogter en 'n 11-jarige seun. Julian se ouers en broer het hul hartseer oor sy skielike dood uitgespreek.
Eleanor en Julian se begrafnis vind Saterdag 20 September om 11:00 vanuit die skoolsaal van Ladismith Sekondêr plaas.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’