Update
LADISMITH NUUS - Die 28-jarige Samuel Jansen verskyn vandag, 16 September in die Ladismith-landdroshof op aanklag van moord en brandstigting. Hy is op 9 September in hegtenis geneem ná die dood van twee mense in ’n brand in Bellstraat, Ladismith.
Die slagoffers, Julian van der Ross en sy vriendin Eleanor Opperman, is vroeg Sondagoggend, 7 September, in hul opslaanwoning in Bellstraat, Ladismith, dood toe die vlamme die struktuur verswelg het.
’n Hondjie wat saam met hulle gebly het, het ook in die brand omgekom.
Die tragedie het groot skok onder inwoners van Ladismith veroorsaak.
Eleanor laat twee kinders agter, ’n matriekdogter en ’n 11-jarige seun, terwyl Julian se ouers en broer hul hartseer oor sy skielike dood uitgespreek het.
Julian van der Ross en sy vriendin Eleanor Opperman. Foto's verskaf
Vorige berigte
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’