Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Man se liggaam is vroegoggend 31 Desember langs die pad by Winston Linford Motors in Voortrekkerweg gevind.
Die Oudtshoorn-polisie, asook forensiese-dienste was op die toneel waar heelwat nuuskieriges rondgestaan het.
By navraag oor die voorval het die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Christopher Spies, bevestig dat Oudtshoorn-polisie 'n geregtelike doodsondersoek geopen het nadat die liggaam van 'n 53-jarige man vroegoggend in Voortrekkerweg gevind is.
"Beskikbare inligting is dat Oudtshoorn-polisie na die toneel ontbied is. Met hul aankoms het hulle die man wat deur paramedici op die toneel dood verklaar is, gevind. Die oorsaak van die man se dood sal met 'n nadoodse ondersoek vasgestel word."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’