Sponsored Content
SAKENUUS - Verbandlenings is 'n tipe lening wat deur individue of besighede uitgeneem word, mees algemeen vir die aankoop van onroerende eiendom, in stede van ‘n kontant-koop.
Die lening word verseker deur middel van ’n verband wat oor die onroerende eiendom geregistreer word.
Indien die lener versuim om die lening terug te betaal, het die uitlener (gewoonlik ‘n bank) die reg om beslag te lê op die eiendom en dit op ’n veiling te verkoop om die uitstaande skuld wat ingevolge die leningsooreenkoms verskuldig is, te verhaal.
By die aankoop van onroerende eiendom, indien die koper finansiële bystand benodig, sal daar 'n opskortende voorwaarde in die koopkontrak gevoeg word wat bepaal dat die koper binne 'n bepaalde tydperk verband goedkeuring moet verkry.
Die koper kan direk by banke aansoek doen, of gebruik maak van 'n verband makelaar (“bond originator”) wat in die verband aansoekproses bystaan.
'n Verband makelaar is 'n gespesialiseerde professionele persoon en sal die bepalings, voorwaardes en rentekoerse ens. namens die lener onderhandel.
Die bank of uitlener beoordeel die voornemende lener se finansiële posisie, inkomste, krediettelling en die waarde van die eiendom wat gekoop word, voordat die lening goedgekeur word.
Die bank reik ‘n kwotasie uit wat die bedrag, terme, rentekoers en ander voorwaardes uiteensit.
Sodra die lener die kwotasie aanvaar, begin die verband registrasieproses. Die bank stel 'n prokureursfirma aan wat spesifiek op die bank se paneel dien. 'n Prokureur wat nie op die bank se paneel is nie, kan nie die verband registrasie behartig nie.
Die verband prokureur sal sorg vir die opstel en registrasie van die verband.
Die verband prokureur se registrasiefooie is afsonderlike fooie tot die eiendoms prokureur se registrasiefooie en beide rekeninge moet deur die koper vereffen word op die prokureurs se versoeke, voor registrasie van die eiendom en registrasie van die verband.
Sodra die lener al die relevante verbanddokumente met die verband registrasie prokureurs onderteken het, word die dokumente by die bank opgelaai sodat die bank 'n “proceed” kan uitreik sodra daar aan alle vereistes voldoen is en die verband geregistreer kan word.
Die registrasieproses is soortgelyk aan 'n eiendoms registrasie en as 'n eiendom deur middel van 'n verband gekoop word, sal die eiendomsoordrag en verband registrasie gelyktydig in die aktekantoor plaasvind.
Verskeie faktore beïnvloed die dinamika van verbande in Suid-Afrika. Een van die belangrikste is die rentekoers wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) vasgestel word. Die rentekoers bepaal die koste van lenings en kan 'n groot impak op verband terugbetalings hê.
Wanneer die SARB rentekoerse verhoog, neem maandelikse verband terugbetalings toe, wat die bekostigbaarheid van huise vir sommige kopers kan verhinder.
Wanneer rentekoerse laag is, daal leenkoste, wat dit vir individue makliker maak om verband terugbetalings te bekostig en die vraag na huislenings verhoog.
Die SARB reguleer finansiële instellings en die algehele verband mark. Die Nasionale Krediet Wet (NCA) beheer die toestaan van krediet deur krediet verskaffers, insluitend verbandlenings, en streef om verbruikers te beskerm en verantwoordelike lenings te verseker.
Namate Suid-Afrika se huis mark aanhou ontwikkel, sal verbande ’n sentrale meganisme bly vir die finansiering van aankope van onroerende eiendom. Verband lenings bied beide geleenthede en uitdagings vir leners en uitleners.
Rauch Gertenbach Ing. dien op die panele van vier groot banke, naamlik ABSA Bank, Standard Bank, Eerste Nasionale Bank en Nedbank. Die firma het bygestaan, en staan steeds by, in talle suksesvolle verband registrasies en korrespondent aangeleenthede.
Artikel deur Lorandi van der Merwe (BCom Hons, LLB)
- Vir meer informasie kontak gerus lorandi@rgprok.com of 044 601 9900.
- www.rgprok.com
- https://www.facebook.com/rgattorneys
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’