OUDTSHOORN NUUS - Ses o. 12-rugbyspelers van Laerskool Laurus het deurgedring na die eindronde van die SWD-rugbyproewe nadat hulle die afgelope naweek suksesvol aan die eerste ronde in George deelgeneem het.
Die spelers wat vir die finale proewe gekwalifiseer het, is Leigh-Ango Julies, Thalon Lewis, Tyler Malgas, Clayton Job, Claus le Roux en Liam Flemmer. Die eindronde van die SWD o. 12-rugbyproewe vind op Saterdag 8 Augustus by Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn plaas.
Vier o. 12-rugbyspelers van Laerskool Wesbank, Pienaar Muller, Andries van Wyk, William Nel en Jean Botha, is gekies om aan die tweede ronde van die SWD-rugbyproewe deel te neem.
FOTOGALERY: Ses o. 12-rugbyspelers van Laerskool Laurus neem deel aan die SWD-rugbyproewe
Die proewe vind op Saterdag 8 Augustus by Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn plaas.
Laerskool Wesbank het die spelers alle sterkte vir die proewe toegewens en sy vertroue uitgespreek dat hulle die skool met trots, sportmangees en toewyding sal verteenwoordig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’