OUDTSHOORN NUUS - Graad 10-leerders van Bridgton Sekondêr in Oudtshoorn het die afgelope week aan die Eskom Ekspo-wetenskapkompetisie in George deelgeneem.
Volgens 'n onderwyser, Phil Mooney, het die leerders ten spyte van 'n besige skoolprogram en uitdagende weersomstandighede deursettingsvermoë, toewyding en harde werk getoon.
"Hulle het nie moed opgegee nie, maar aangehou om hul beste te lewer, en hul harde werk is beloon."
Prestasies
- Jaydene Swartbooi en Jade Quose het silwermedaljes vir hul projek ontvang.
- Ishawn Scholts het 'n silwermedalje ontvang, asook die toekenning vir die beste senior in sy kategorie.
- Brannay Hoogbaard het 'n bronsmedalje verower.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’