Sunday 03:15
clear sky
Tomorrow:
broken clouds 18°
Oudtshoorn



Dit is vir my ’n besondere eer om elke inwoner van die Groter Oudtshoorn en elke toeris ’n voorspoedige en geseënde feestyd toe te wens en elke besoeker in hierdie spesiale tyd hartlik welkom te heet.
Hier ontmoet u die stilte en prag van die Klein-Karoo, waar u asem kan haal en rustigheid vind na ’n jaar lange gejaag. Mag u besoek aan ons dorp vol kosbare herinneringe wees en mag u altyd hierheen terugkeer.
Tydens hierdie feestyd nooi ek u om die warmte van ons mense, die opregte gasvryheid van ons besighede, die smaaklike geure van ons restaurante en die ryk Karoo-erfenis te ervaar.
Namens die Groter Oudtshoornmunisipaliteit wens ek u en u geliefdes ’n geseënde, veilige en vreugdevolle feestyd toe. Welkom in die Groter Oudtshoorn, die hart van die Klein-Karoo en die tuiste van natuurwonders.
Oudtshoorn-burgemeester,
Johan Allers
Our Holiday Guide proudly features this year's Top Picks - exceptional local businesses celebrated by our community. Each one was voted a winner in Group Editors' Best of Readers' Choice Awards this year, selected by our readers as a standout choice for the season. From trusted favourites to inspiring newcomers, these businesses represent the very best our towns have to offer, making your holiday shopping and celebrating truly special.
Click here to view our Top Picks for 2025!
The ultimate Holiday Bucket List
Discover the magic of the season with our Holiday Bucket List — your go-to guide for must-do experiences, can’t-miss sights, and memorable moments across the entire Garden Route region . From festive events and local adventures to unique shops and seasonal treats, this curated list highlights the very best things to see, do, experience, and explore. Whether you're creating new traditions or checking off longtime favourites , our bucket list is designed to help you make the most of this holiday.
Tick off this year's Bucket List items here!

·
Ambu911: 084 809 0304
·
Metro: 10177 of 044 272 7751/2
·
Oudtshoorn-hospitaal: 044 203 7200
·
Mediclinic Klein Karoo: 044 272 0111
·
Skakelbord: 044 203 9000
·
Radiokamer: 044 203 9022/9089
·
Paaie: 044 203 3195/3950
·
Skakelbord: 044 203 3000 na ure ook
·
Water: 044 203 3114
·
Elektrisiteit: 044 203 3905
·
Brandweer: 044 203 3110
·
Verkeer: 044 203 3133
·
Munisipale Skut: 044 203 3927
·
Wetstoepassers: 044 203 7800/3133
·
Rampbestuur: 044 203 3110
Verken pragtige bergpasse

Van Calitzdorp tot Ladismith ontvou berge, passe en poorte,
elke kronkelpad wys die Klein-Karoo se stilte, skoonheid en ontdekkingsvreugde.
As jy van bergpasse hou is die eerste een sommer knap
anderkant Calitzdorp waar die R62 met die Huisrivierpas oor die berg kronkel en
pragtige bergtonele bied. Die pas het 39 draaie waarvan enkeles baie skerp is.
Die natuurskoon is iets besonders en daar is genoeg aftrekplek.
Seweweekspoort se afdraai is sowat 15 km voor Ladismith net voor Zoar. Dit is ’n goeie grondpad wat soos Meiringspoort deur ’n kloof in die berge kronkel. Die poort is ongeveer 17 km lank, maar druk deur Laingsburg toe vir middagete en draai daar om. As jy nie tot in Laingsburg wil ry nie bied die pad deur Seweweekspoort nog ’n pas.
Die Bosluiskloofpas van ongeveer 24 km wat tussen Seweweekspoort en Laingsburg afdraai. Dié uitsonderlike pas kronkel tussen die Swartberge en Elandsberge en eindig by die Gamkapoortdam. Bevestig die toestand van die pad voordat jy dit in jou gewone sedanmotor aanpak.
Op pad terug van Seweweekspoort af wees op die uitkyk vir die Hoeko-pad wat verby Zoar van die R62 afdraai en volg ’n pragtige alternatiewe roete tussen plase deur tot in Ladismith.
Vir ’n interessante roete kus toe ry sowat 13 km op die
R62 in die rigting van Barrydale en neem dan die grondpad via Van Wyksdorp en
Herbertsdale tot in Mosselbaai. Jy het tyd hiervoor nodig, nie omdat die pad
sleg is nie, maar omdat daar soveel te sien is.
As jy teerpad verkies, hou verby die afdraai na Van
Wyksdorp en ’n katspoeg verder draai jy links Riversdal toe oor die pragtige 12
km Garciapas wat die Langeberge oorsteek. Die oorspronklike pas is deur Thomas
Bain ontwerp en 107 gevangenes het in 1873 aan die pas begin bou. Dit is in
1877 voltooi
Click on the images to browse through everything you need to know about your holiday in the sunny Mossel Bay and Hessequa, or your next adventure in the oasis that is George, Knysna, Plett and surrounds.

Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to [email protected]. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2026 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant