Henrico Bence (2), Marius Botha, Hardus Coetzee en Nigel Muller het vir Oudtshoorn gaan druk en Charlton Prinsloo het drie verdoelskoppe deur die pale gejaag.
Vir Harlequins is drieë gedruk deur C Fiellies, C Booysen en C Jacobs. J Dido het met `n doelskop geslaag.
Oudtshoorn se tweede span het met 28-12 ko-ning gekraai. Die rustydtelling was 14-7 in Oudtshoorn se guns.
Godfrey Foruie, JJ van Schalkwyk, en Hardus Coetzee (2) het gaan druk en Heico van Wyk het met vier verdoelskoppe geslaag.
Harlequins se Gino van Vuuren het twee drieë gedruk en `n doelskop oorgejaag.
Oudtshoorn reis Saterdag na Haarlem vir hul tweedelaaste ligawedstryd van die seisoen.
Die seëvierende eerste span van Oudtshoorn-rugbyklub, verlede Saterdag. Foto: Jacques Swart
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'