Update
OUDTSHOORN NUUS - "Die enigste beperking op jou prestasie in sport, kan net jyself wees.
"Daar is geen beperking op menslike prestasies nie."
Met hierdie woorde het Abrie de Swardt, die bestuurder van Eden se sportakademie, sportlui tydens die Oudtshoorn-sporttoekennings aangemoedig om na net die beste prestasies te streef.
De Swardt was die gasspreker by die glansaand.
Hy het in sy toespraak verwys na talle sporthelde wat Oudtshoorn al in verskeie sportkodes opgelewer het.
"As soveel van ons sportsterre van Oudtshoorn afkomstig is, wat kan ons doen om nog meer te produseer? Raak betrokke by die akademie se sportontwikkeling." het hy bygevoeg.
Netwerk tussen sportmanne en -vrou, administrateurs en afrigter het hy as van kardinale belang beskryf.
Ander belangrike punte wat De Swardt uitgewys het om die hoogste sport te bereik, is om vinniger as jou kompetisie te leer, om oop te wees vir verandering, selfvertroue, om jou beste te gee, werk met 'n plan, spanwerk, konsentrasie en om 'n passie te hê vir wat jy doen.
Hy het afgesluit deur aan die gaste te sê: "'n Gesonde verstand sal jou neem tot wat jy wil bereik."
Lees 'n vorige berig: Eden-sportleier sien geen beperking op prestasie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'