OUDTSHOORN NUUSFLITS - "Die enigste beperking op jou prestasie in sport, kan net jyself wees. Daar is geen beperking op menslike prestasies nie."
Met hierdie woorde het Abrie de Swardt, die bestuurder van Eden se sportakademie, sportlui tydens die Oudtshoorn-sporttoekennings aangemoedig om na net die beste prestasies te streef.
De Swardt was die gasspreker by die glansaand.
Hy het in sy toespraak verwys na talle sporthelde wat Oudtshoorn al in verskeie sportkodes opgelewer het.
"As soveel van ons sportsterre van Oudtshoorn afkomstig is, wat kan ons doen om nog meer te produseer? Raak betrokke by die akademie se sportontwikkeling." het hy bygevoeg.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'