Gallery
OUDTSHOORN SOKKERNUUS - Vreugdevure het Sondag hoog in Dysselsdorp gebrand nadat die Spring Roses-sokkerklub hul eweknieë van Black Eagles in die eindstryd van die OLFA-liga met 5-1 afgeransel het.
Met hierdie oorwinning het Spring Roses 'n wisseltrofee plus R10 000 prysgeld ingepalm. Elke speler en beampte het ook 'n goue medalje ontvang.
Spring Roses sal OLFA later vanjaar verteenwoordig tydens SAFA Eden-uitspeelwedstryde vir 'n plek in die streekliga wat in Plettenbergbaai gespeel sal word.
Fotogalery: Spring Roses het 'n wisseltrofee plus R10 000 prysgeld ingepalm
Wyndham Ewerts van Oudtshoorn Courant het die aksie afgeneem.
Spring Roses sal OLFA later vanjaar verteenwoordig tydens SAFA Eden-uitspeelwedstryde vir 'n plek in die streekliga wat in Plettenbergbaai gespeel sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'