Die mansspanne van Moonlight en Spring Roses het die skare en hul ondersteuners naels laat kou toe hulle in die eindstryd met 2 elk gelykop gespeel en die wedstryd met strafdoele beslis moes word. Moonlight het die stryd met 3-2 beklink. Spring Roses se vroue het hul titel suksesvol teen Swallows verdedig en as wenners uit die stryd getree.
Volgens mnr. Jethro Grootboom, van die regering se kommunikasie- en inligtingsdiens (GCIS) is die sportdag in same-werking met die Groter Oudts-hoorn Munisipaliteit gereël.
"Die doel daarvan was om sokkerliefhebbers bewus te maak van die Afrikabeker-toernooi (AFCON 2013), wat Saterdag-aand met die wedstryd tussen Bafana Bafana en Kaap Verdiese Eilande afskop. Die Orange Cup of Nations word beskou as die grootste sportgeleentheid op die Afrika-kontinent."
Volgens Grootboom sal 'n bus Vrydagmiddag vanaf 15:00 waterbottels en ander sokkergeskenke aan inwoners van Oudtshoorn in die woonbuurt Bongolethu uitdeel en verskeie plaaslike kunstenaars sal op die verhoog wees.
Die aanloop tot Saterdagaand se openingswedstryd om die Afrika-beker asook die eerste wedstryd sal Saterdagmiddag vanaf 15:00 op 'n groot televisieskerm op die Dysselsdorp sportstadion vertoon word.
Toegang is gratis en almal is welkom.
Moonlight het Spring Roses in `n spannende finaal uitgestof toe die wedstryd deur strafdoele beslis moes word.