Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Six Gun Grill Garden Route Badgers het vandag (28 Desember) geskiedenis gemaak toe diè span hul eerste trofee ooit gewen het ná 'n titaniese eindstryd teen die AET Tuskers in Pietermaritzburg.
Die Badgers het die verdedigende kampioene met 11 lopies in die eindstryd in die Krieket Suid-Afrika Divisie 2- eendagtrofee verslaan.
Wat die Badgers se oorwinnig merkwaardig maak, is dat hulle die eindstryd gewen het sonder drie van hul sleutelspelers wat Jean du Plessis, André Malan, en Marcello Piedt insluit wat almal beseer is.
Die Badgers is deur Tuskers ingestuur om te kolf en het 'n mededingende teiken van het 253/7 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken.
Die besoekers het hul beurt aan die gang gekry danksy 'n vennootskap van 80 lopies om die eerste paaltjie tussen Matthew Christensen (46 van 77 balle; 5x4) en Blayde Capell (38; 48 balle; 5x4).
Christensen en Jhedli van Briesies (43 van 44 balle; 1x6, 3x4) het daarna 58 lopies om die 3de paaltjie bygevoeg.
Sean Whitehead (25 van 28 balle; 1x4) en Pheko Moletsane (38 van 35 balle; 1x6, 3x4) het ook op hul beurt 'n waardevolle vennootskap van 58 lopies om die 6de paaltlie saamgeweef.
Stefan Tait (2/28) en Malcolm Nofal (3/48) was Tuskers se beste boulers.
Tuskers se lopiejaagtog kon net nie momentum opbou nie ondanks 'n goeie vennootskap van 98 lopies tussen Yaseen Vallie (59 van 87 balle; 7x4) en Michael Erlank (38 vorm 57 balle; 5x4) om die 3de paaltjie.
Hul gevaarman, Tiaan Koekemoer, het 50 lopies van 59 balle (1x6, 3x4) gemoker voordat hy deur 'n perfekte streepbal deur die Badgers se boulheld en voorste paaltjienemer in dié toernooi, Basheer Walters, skoongeboul is.
Walters het uiteindelik met syfers van 4/46 (10 boulbeurte) geeindig en hy is goed bygestaan deur die kaptein Onke Nyaku (2/29) en Sean Whitehead (1/34 in 10 boulbeurte).
Die Tuskers is met die laaste bal van die wedstryd vir 242 lopies almal uitgehaal.
Rudy Claassen, president van SWD Krieket, het na die wedstryd die Badgers met hul geskiedkundige oorwinning gelukgewens en die afrigtingspan en spelers met hul vertoning geprys.
"Hierdie oorwining is ons lank reeds beskore het, " het hy trots gesê.
Claassen het ook die borge en lojale ondersteuners vir hul ondersteuning gedurende die veldtog bedank.
The victorious Badgers team. Photo supplied
Vorige artikel: 253 lopies vir badgers in kolfbeurt
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'