OUDTSHOORN NUUS - Die Six Gun Grill Garden Route Badgers mansspan het vanoggend eerste gekolf teen Tuskers in die eindstryd van Krieket SA se Divisie 2-eendagtoernooi en 'n mededingende teiken van 253 lopies in hul toegelate 50 boulbeurte opgestapel.
Die eindstryd word in Pietermaritzburg beslis.
Badgers se aanvangspaar, Blayde Capell en Matthew Christensen, het 80 lopies binne die eerste 20 boulbeurte aangeteken voordat Capell vir 39 lopies uitgevang is.
Christensen is uiteindelik vir 46 lopies uitgehaal toe hy been voor paaltjie betrap is.
Jhedli van Briesies se beurt het belowend gelyk voordat hy vir 43 lopies gestonk is van slegs 43 balle.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'