Update
OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Firestones-vlakkiekrieketspan het die afgelope naweek sy plek in die Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieket-ontwikkelingstoernooi (OPL) se eindstryd bespreek toe hulle die Dream Team by die Toekomsrus-kliniek oortuigend met 36 lopies verslaan het.
Firestones, wat ook 'n viermalige kampioen van die OPL is, het eerste gekolf en 'n stywe 105 lopies vir die verlies van ses paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.
Petrus Hendricks was die beste kolwer met 'n onoorwonne 20 lopies wat ook twee sierlike sesse na mekaar ingesluit het.
Dit het beteken dat die Dream Team van meet af aan onder druk was om teen vyf lopies per boulbeurt te kolf.
Firestones se openingsbouler, Damion Esau, het egter die Dream Team se kolwers in 'n wurggreep beet gehad waarvan hulle nooit kon herstel nie. Die Dream Team is uiteindelik vir 69 lopies in die 17de boulbeurt uitgeboender.
In die ander halfeindstryd het Legends die Neppon Warriors geklop.
Legends kom eerskomende Sondag teen die Firestones in die eindstryd te staan. Hierdie wedstryd sal in 17de laan by die oop stuk veld om 14:00 beslis word.
Vorige artikel: Firestones teen Legends in OPL finaal
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'