OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank se atlete het op 9 en 10 Oktober tydens die Easycare Kwagga Top 10-atletiekbyeenkoms by die Rosemoor-stadion in George hul staal gewys en verskeie podiumplekke behaal.
Helena Lourens het koning gekraai in die meisies o. 12 se 1 200 m met 'n tyd van 03:56.61 en terselfde tyd ook 'n nuwe rekord opgestel.
Die byeenkoms het sowat 1 500 atlete van 23 laerskole en 55 hoërskole byeengebring. Dit was ook die eerste amptelike nasionale byeenkomste op die stadion se tartanbaan ná byna twee jaar se tegniese probleme.
Wesbank se atlete het verskeie indrukwekkende uitslae op die baan en veld behaal.
Rudolf Smith het die eerste plek in die seuns o. 11-hoogspring behaal met 'n sprong van 1,45 m.
Alrie Eloff het 'n tweede plek in die meisies o. 13-spiesgooi behaal met 'n afstand van 27,74 m.
Verskeie Wesbank-atlete het ook derde plekke in hul onderskeie items behaal. Jaiden Simon het derde geëindig in die seuns o. 13 se 800 m met 'n tyd van 02:15.25, terwyl Lynné Lind derde in die meisies o. 11-gewigstoot geëindig het met 'n afstand van 9,77 m.
Shanique Janse van Rensburg het aan die 75 m-hekkies vir meisies o. 13 deelgeneem. | Eduan Visser tydens sy o. 13-hekkiesitem. Foto's: Hugo Redelinghuys |
Christiaan Marincowitz het derde in die seuns o. 12-hoogspring gekom met 'n hoogte van 1,45 m, terwyl Jean Botha derde in die seuns o. 12 se 1 200 m geëindig het met 'n tyd van 03:57,39.
Andries van Wyk het die derde plek in die seuns o. 12-gewigstoot behaal met 'n afstand van 10,41 m.
Jani Botha in aksie in die 800 m-wedloop vir meisies o. 13. Foto's: Hugo Redelinghuys | Lynné Lind was derde in die meisies o. 11-gewigstoot. |
Ander uitslae
- Jani Botha: 4de - meisies o. 13 se 800 m (02:37.74)
- Shenique Janse van Rensburg: 10de - meisies o. 13 se 75 m-hekkies
- Johané Hattingh: 4de - o. 12-diskus (27,53 m); gedeelde 4de - gewigstoot (10,48 m)
- Eduan Visser: 5de - o. 13-hekkies (12.21 sek.); 7de - gewigstoot (10,61 m); 8ste - 100 m (12.17 sek.)
- Helena Lourens: 4de - o. 12's se 100 m (13.74 sek.); 5de - 150 m (20.64 sek.)
- William Nel: 10de - o. 12-hekkies (12,56 sek.)
- Danie Nel: 9de - o. 13-gewigstoot (9,58 m)
- Nicolaih Groenewald: 10de - o. 13's se 800 m (02:27.95); 18de - hekkies (14.49 sek.)
- Capri Olivier: 5de - o. 13-diskus (20,97 m); 6de - gewigstoot (8,05 m)
- Isabella Bekker: 7de - o. 13's se 200 m (30 sek.)
- Lienke van Heerden: 5de - o. 13-hoogspring (1,4 m)
- Ashley Davids: 11de - o. 13's se 100 m (12.24 sek.)
- Eva Wilson: 15de - o. 12's se 100 m (14.71 sek.); gedeelde 10de - 150 m (21.68 sek.)
- Lindi Wannenburg: 13de - o. 12-hekkies (14.27 sek.); 11de - 1 200 m (05:04.39).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’



