OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-tweekampkampioenskap wat Dinsdag 28 Februarie by die De Jager-atletiekbaan gehou is, was die laaste byeenkoms op die baan voordat die opgradering van die tartanbaan in Maart begin.
Die baan is in 1980 aangelê en die tartan gedeeltes moet dringend vervang word. Marius Schlechter van Plettenbergbaai en André Kleynhans van George was Dinsdag die laaste atlete wat tydens ‘n amptelike byeenkoms die baan gebruik het.
Met die aanbreek van die volgende atletiekseisoen sal atlete op ‘n splinternuwe tartanbaan meeding en met die oprigting van vier reusemasligte sal aandbyeenkomste ook ‘n werklikheid wees.
Lees ook die vorige berigte rakende opgradering van die De Jager-atletiekbaan, 'Bouwerk sal KKNK nie veel raak nie', 'Opgraderings aan sportkompleks begin volgende jaar' en 'Masligte by de Jager-atletiekbaan'.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'