OUDTSHOORN NUUS -Die kontrakteur, Sectional Poles, het verlede week begin met voorbereidings om vier nuwe masligte by die De Jager-atletiekbaan op te rig.
Daar word twee masligte weerskante van die pawiljoen opgerig en twee aan die oorkant.
Hier is 'n aantal interessante feite:
Die twee maste by die pawiljoen is elk 32 m lank met 55 LED-ligte elk en 'n totale gewig van 13,5 ton. Die basis van die twee maste bestaan elk uit 95,55 ton beton en 3,7 ton staal.
Die twee maste oorkant die pawiljoen is elk 32,9 m lank met 32 LED-ligte elk en 'n totale gewig van 10,5 ton.
Die basis van die twee maste bestaan elk uit 58,8 ton beton en 2,6 ton staal.
Die fondament behoort tussen 1 en 15 Maart voltooi te wees waarna daar begin word met die vervaardiging van die maste.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'