Gallery
SKOLE NUUS - Die Easycare Kwagga Top 10-atletiekbyeenkoms het Vrydag 9 Oktober met groot geesdrif, opgewondenheid en luide aanmoediging by die Rosemoor-stadion in George afgeskop.
Jong atlete van 25 laerskole van regoor Suid-Afrika het op die eerste dag kragte gemeet, terwyl trotse ouers, afrigters en ondersteuners van die kantlyn af gejuig het.
Die tweedaagse byeenkoms, waaraan sowat 1 500 atlete van altesaam 77 laer- en hoërskole deelneem, beloof om van die land se beste jong atletiektalent ten toon te stel.
Die aksie duur vandag voort met die hoëskool-atlete wat deelneem!
Die jong atlete het uitmuntende vertonings gelewer en talle rekords is gebreek.
Jong atlete het alles gegee op die veld en die baan. ‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’